56 As die priester dit ondersoek nadat dit gewas is en dit dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag, uitskeur.
57 As dit weer in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer voorwerp verskyn, dan moet jy die melaatse voorwerp met vuur verbrand.
58 As die kol uit die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leer voorwerp wat jy was, verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word en dit sal rein wees.
59 Dit is die wet aangaande die plaag van melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leer voorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.”