9 Wanneer melaatse sere op ’n mens is, moet hy na die priester gebring word
10 en die priester moet hom ondersoek en let op, as daar ’n wit swelsel in die vel is wat die hare wit gemaak het terwyl daar rou vlees in die swelsel is,
11 dan is dit ’n verouderde melaatsheid op die vel van sy vlees en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie isoleer nie, want hy is onrein.
12 As die melaatsheid oor sy hele vel uitbreek sodat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien,
13 moet die priester dit ondersoek en as die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein,
14 maar die dag as rou vlees aan hom gesien word, sal hy onrein wees;
15 as die priester die rou vlees sien, moet hy hom onrein verklaar. Die rou vlees is onrein, dit is melaatsheid.