34 “Wanneer julle in die land Kena’an inkom, wat Ek vir julle as besitting gee en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,
35 moet hy aan wie die huis behoort, kom en die priester inlig en sê: ‘Dit lyk of daar ’n plaag in die huis is.’
36 Die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom ondersoek sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; daarna moet die priester kom om die huis te ondersoek.
37 As hy die plaag ondersoek en sien dat die plaag aan die mure van die huis soos groenerige of rooierige merke is en hulle diep in die muur is,
38 dan moet die priester uit die huis uitgaan, na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.
39 Op die sewende dag moet die priester weer kom en kyk en let op, as die plaag versprei het in die mure van die huis,
40 dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is en dit buitekant die stad op ’n onrein plek gooi