47 Hy wat in die huis gaan lê, moet sy klere was, asook hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
48 As die priester in die huis kom, dit ondersoek en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die plaag het gesond geword.
49 Hy moet, om die huis te reinig, twee voëls, sederhout, skarlaken en hisop vat
50 en die een voël in ’n erdepot oor lopende water doodmaak.
51 Hy moet die sederhout, die hisop, die skarlaken en die lewende voël vat en dit in die bloed van die dooie voël en in die lopende water insteek en hy moet die huis sewe maal besprinkel.
52 Hy moet die huis reinig met die bloed van die voël, sowel as met die lopende water, die lewende voël, die sederhout, die hisop en die skarlaken.
53 Hy moet die lewende voël buitekant die stad in die oop veld loslaat en so toedekking doen vir die huis en dit sal rein wees.