26 Hy wat die bok vir volkome verwydering losgelaat het, moet sy klere was en sy liggaam in water was en daarna in die kamp inkom.
27 Die bul van die sondoffer en die bok van die sondoffer, waarvan die bloed ingebring is om toedekking te doen in die Afgesonderde plek, moet hulle uit die kamp uitdra en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
28 Hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in water was en daarna mag hy in die kamp inkom.
29 Hierdie sal ’n ewige instelling vir julle wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle in nederigheid vas en géén werk doen nie; die kind van die land sowel as die vreemdeling wat by julle besoek,
30 want op hierdie dag moet hy vir julle toedekking doen om julle te reinig van al julle sondes om voor die Teenwoordigheid van יהוה rein te wees.
31 Dit moet ’n Shabbat van volkome rus vir julle wees en julle moet in nederigheid vas. Dit is ’n ewige instelling.
32 Die priester wat gesalf is en wie se hand bevestig is om in die plek van sy vader as priester te dien, moet toedekking doen en hy moet die linne klere, die afgesonderde klere, aantrek