1 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2 “Praat met Aharon, sy seuns en met al die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Hierdie is wat יהוה beveel het:
3 Elke man uit die huis van Yisra’el wat ’n bees, ’n lam of ’n bok in die kamp doodmaak of dit buitekant die kamp doodmaakDeut 12:20-26; Deut 15:19-23
4 en dit nie bring na die ingang van die Tent van Ontmoeting om aan יהוה ’n offer voor die tent van יהוה te bring nie, dié man sal aan bloed skuldig wees. Hy het bloed vergiet en dié man moet afgesny word uit sy volk
5 sodat die seuns van Yisra’el hulle offers wat hulle in die oop veld geoffer het, aan יהוה by die ingang van die Tent van Ontmoeting, na die priester kan bring en dit as vredesoffers tot יהוה kan offer.
6 Die priester moet die bloed teen die altaar van יהוה by die ingang van die Tent van Ontmoeting sprinkel en die vet brand en in rook laat opgaan as ’n aangename geur tot יהוה.