6 Die priester moet die bloed teen die altaar van יהוה by die ingang van die Tent van Ontmoeting sprinkel en die vet brand en in rook laat opgaan as ’n aangename geur tot יהוה.
7 Hulle mag nie langer hulle offers aan die bokdemone offer, agter wie hulle aan hoereer nie. Hierdie moet vir hulle ’n ewige instelling wees regdeur hulle geslagte.’
8 Jy moet ook vir hulle sê: ‘Elke man vanuit die huis van Yisra’el en vanuit die besoeker wat tussen julle bly, wat ’n brandoffer of ’n offer bring
9 en dit nie na die ingang van die Tent van Ontmoeting bring om dit tot יהוה te offer nie, dié man moet vanuit sy volksgenote afgesny word.
10 Elke man vanuit die huis van Yisra’el en vanuit die besoekers wat tussen julle bly, wat enige bloed eet; teen dié een wat bloed eet, sal Ek my gesig draai en hom afsny van onder sy volk uit,
11 want die lewe van die vlees is in die bloed en Ek het dit vir julle op die altaar gegee om vir julle toedekking te doen, want dit is die bloed wat toedekking doen vir die lewe;
12 daarom het Ek vir die seuns van Yisra’el gesê: “Niemand van julle mag bloed eet nie en ook die besoeker wat tussen julle bly, mag geen bloed eet nie.”