1 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Ek is יהוה julle God.
3 Julle mag nie doen volgens die dade van die land van Mitzrayim waarin julle gewoon het nie en julle mag nie doen volgens die werke van die land Kena’an waarheen Ek julle bring nie en julle mag nie volgens hulle reëls leef nie.
4 My wette moet julle doen en My reëls nakom om daarin te leef. Ek is יהוה, julle God.
5 Jy moet daarom My wette en My reëls nakom wat, as die mens dit doen, hy daardeurRom 10:5; Gal 3:12 sal lewe. Ek is יהוה.