21 Jy mag geen van jou kinders gee om in vuur aan Molekh geoffer te word en dieLev 20:2-5 Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God te onteer nie. Ek is יהוה.
22 Jy mag nie lê by ’n manspersoon soos by ’n vrou nie.Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Kor 6:9; 1 Tim 1:10 Dit is verwerplik.
23 Jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur onrein te maak nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee gemeenskap te hê nie. Dit is ’n gruwelikheid.
24 Moenie julleself deur al hierdie dinge onrein maak nie, want deur al hierdie dinge is die ander nasies onrein, wat Ek voor julle uit verdryf,
25 want die land het onrein geword en Ek besoek sy boosheid oor dit sodat die land sy inwoners uitspoeg.
26 Júlle moet daarom My wette en My reëls onderhou en niks van al hierdie booshede doen nie; beide die kind van die land en die besoeker wat tussen julle bly,
27 want die mense van die land, wat voor julle was, het al hierdie booshede gedoen en die land het onrein geword.