18 Jy mag nie wraak neem of ’n wrok koester teenoor die seuns van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Mat 19:19; Mat 22:39; Mar 12:31; Luk 10:27; Ya’a 2:8 Ek is יהוה.
19 Julle moet My reëls hou. Jy mag nie jou vee met ’n ander soort kruisteel nie. Jy mag nie gemengde saad in jou akker saai nie en ’n bo-kleed van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
20 En as ’n man seksuele gemeenskap het met ’n vrou wat as slavin aan ’n ander man beloof is, sonder dat sy ooit losgekoop is of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar straf wees, maar hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vry nie.
21 Hy moet sy oortredingsoffer aan יהוה bring by die ingang van die Tent van Ontmoeting; ’n ram as oortredingsoffer.
22 Die priester moet met die ram van die oortredingsoffer vir hom toedekking doen voor יהוה weens die sonde wat hy gedoen het en die sonde wat hy gedoen het, sal hom vergewe wees.
23 Wanneer julle in die land inkom en allerhande vrugtebome vir kos geplant het, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees. Dit mag nie geëet word nie,
24 maar in die vierde jaar is al hulle vrugte afgesonderd; ’n offer van lofprysing tot יהוה.