2 “Praat met die hele vergadering van die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Julle moet afgesonderd wees, want Ek, יהוה, julle God, is Afgesonderd.1 Kef 1:15,16
3 Elkeen moet sy moeder en sy vader respekvol vrees en My Shabbatte hou. Ek is יהוה, julle Magtige God.Eks 20:12
4 Moenie na die afgode toe draai nie en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is יהוה, julle Magtige God.
5 As julle ’n vredesoffer aan יהוה offer, moet julle dit so offer dat julle aanvaar sal word.
6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word, maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
7 As dit op die derde dag geëet word, is dit ’n oortreding; dit sal nie aanvaar word nie.
8 Elkeen wat dit eet sal daarom sy skuld dra, want hy het, wat afgesonder is aan יהוה, onrein gemaak en dié persoon moet uit sy volksgenote afgesny word.