20 En as ’n man seksuele gemeenskap het met ’n vrou wat as slavin aan ’n ander man beloof is, sonder dat sy ooit losgekoop is of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar straf wees, maar hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vry nie.
21 Hy moet sy oortredingsoffer aan יהוה bring by die ingang van die Tent van Ontmoeting; ’n ram as oortredingsoffer.
22 Die priester moet met die ram van die oortredingsoffer vir hom toedekking doen voor יהוה weens die sonde wat hy gedoen het en die sonde wat hy gedoen het, sal hom vergewe wees.
23 Wanneer julle in die land inkom en allerhande vrugtebome vir kos geplant het, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees. Dit mag nie geëet word nie,
24 maar in die vierde jaar is al hulle vrugte afgesonderd; ’n offer van lofprysing tot יהוה.
25 In die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet sodat hulle opbrengs vermeerder sal word aan julle. Ek is יהוה, julle God.
26 Julle mag niks, met sy bloed eet nie en julle mag nie toordery of toekomsvoorspellings doen nie.