23 Wanneer julle in die land inkom en allerhande vrugtebome vir kos geplant het, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees. Dit mag nie geëet word nie,
24 maar in die vierde jaar is al hulle vrugte afgesonderd; ’n offer van lofprysing tot יהוה.
25 In die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet sodat hulle opbrengs vermeerder sal word aan julle. Ek is יהוה, julle God.
26 Julle mag niks, met sy bloed eet nie en julle mag nie toordery of toekomsvoorspellings doen nie.
27 Julle mag die rand van julle kophare nie rond afskeer nie en ook nie die rand van julle baarde skend nie.Lev 21:5
28 Julle mag geen snye in julle vlees maak ter wille van ’n dooie nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.Deut 14:1,2 Ek is יהוה.
29 Moenie jou dogter onrein maak deur haar toe te laat in hoerery nie sodat die land nie in prostitusie verval en die land vol wetteloosheid word nie.