26 Julle mag niks, met sy bloed eet nie en julle mag nie toordery of toekomsvoorspellings doen nie.
27 Julle mag die rand van julle kophare nie rond afskeer nie en ook nie die rand van julle baarde skend nie.Lev 21:5
28 Julle mag geen snye in julle vlees maak ter wille van ’n dooie nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie.Deut 14:1,2 Ek is יהוה.
29 Moenie jou dogter onrein maak deur haar toe te laat in hoerery nie sodat die land nie in prostitusie verval en die land vol wetteloosheid word nie.
30 Julle moet My Shabbatte hou en My Afgesonderde plek respekteer. Ek is יהוה.
31 Julle sal nie na mediums draai en fortuinvertellers opsoek om deur hulle onrein gemaak te word nie. Ek is יהוה, julle God.
32 Jy moet opstaan voor dié met grys hare en die teenwoordigheid van ’n ou man eer1 Tim 5:1 en jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.