34 Die vreemdeling wat by julle besoek, moet vir julle wees soos een wat onder julle gebore is en jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in die land van Mitzrayim. Ek is יהוה, julle God.
35 Julle mag geen onregverdigheid doen in bepalings, in mate van gewig of inhoudsmaat nie.
36 Julle moet ’n korrekte weegskaal hê, korrekte weegstene, ’n korrekte efa en ’n korrekte hin. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit die land van Mitzrayim uitgebring het;
37 daarom moet julle al My reëls en al My wette hou en dit doen. Ek is יהוה.’”