6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word, maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
7 As dit op die derde dag geëet word, is dit ’n oortreding; dit sal nie aanvaar word nie.
8 Elkeen wat dit eet sal daarom sy skuld dra, want hy het, wat afgesonder is aan יהוה, onrein gemaak en dié persoon moet uit sy volksgenote afgesny word.
9 Wanneer julle die opbrengs van julle land oes, moet julle die rante van die land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.
10 Jy moet ook nie jou wingerd skoon af oes en die trossies wat van jou wingerd val, nie bymekaarmaak nie. Jy moet dit vir die armes en die besoekers laat oorbly. Ek is יהוה, julle God.
11 Julle mag nie steel nie, julle mag nie vals handel of vir mekaar lieg nie.
12 Julle mag nie valslik by My Naam (Karakter en Outoriteit) sweer en so die Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God onrein maak nie. Ek is יהוה.