4 As jy ’n graanoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit ongesuurde koeke van fyn meel wees, met olie gemeng of ongesuurde platkoeke met olie gesmeer.
5 As jou offer ’n graanoffer is wat op ’n plaat gebak is, moet dit van fyn meel wees met olie gemeng en ongesuurd.
6 Jy moet dit in stukkies breek en olie daarop gooi: dit is ’n graanoffer.
7 As ’n graanoffer in ’n pan gebak, jou offer is, moet dit van fyn meel wees met olie.
8 Jy moet die graanoffer wat van hierdie dinge voorberei word, aan יהוה bring en wanneer dit vir die priester aangebied is, sal hy dit na die altaar toe bring.
9 Die priester moet vanuit die graanoffer ’n porsie as herdenkingsoffer uithaal en op die altaar brand en in rook laat opgaan, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.
10 Wat oorbly van die graanoffer, is vir Aharon en sy seuns. Van die offers wat met vuur tot יהוה gebring word, is dit ’n mees afgesonderde ding.