11 en hy mag naby geen dooie kom nie en hom selfs nie vir sy vader en moeder onrein maak nie;
12 hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה.
13 Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is.
14 ’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat
15 sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”
16 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
17 “Praat met Aharon en sê: ‘Niemand uit jou nageslag, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die kos van sy God te offer nie,