14 ’n Weduwee, een wat verstoot is, ’n onteerde of ’n hoer, moet hy nie vat nie, maar ’n maagd uit sy eie volk, moet hy as vrou vat
15 sodat hy nie sy saad onder sy volksgenote onteer nie, want Ek is יהוה, wat hom afsonder.’”
16 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
17 “Praat met Aharon en sê: ‘Niemand uit jou nageslag, in hulle geslagte, aan wie ’n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die kos van sy God te offer nie,
18 want niemand met ’n liggaamsgebrek, mag naderkom nie: ’n man wat blind of lam of vermink of misvorm is,
19 of ’n man wat ’n gebreklike voet of hand het,
20 of wat ’n boggel het of ’n dwerg of wat ’n vlek in sy oog het of skurfte of uitslag het of vergruisde skaamdele het.