7 Hulle mag geen vrou trou wat hoereer of ’n onteerde is nie en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie trou nie, want hy is afgesonder tot sy God.
8 Jy moet hom daarom afsonder omdat hy die brood van jou God offer. Hy moet vir jou afgesonder wees, want Ek, יהוה, is Afgesonder, wat julle afsonder.
9 As die dogter van ’n priester haarself onteer deur te hoereer, onteer sy haar vader. Sy moet met vuur verbrand word.
10 Die hoofpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi is en wat afgesonder is om die klere aan te trek, mag sy kop nie ontbloot en sy klere nie skeur nie
11 en hy mag naby geen dooie kom nie en hom selfs nie vir sy vader en moeder onrein maak nie;
12 hy mag ook nie uit die Afgesonderde Plek uitgaan nie sodat hy die Afgesonderde Plek van sy God nie onteer nie, want die toewyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is יהוה.
13 Hy moet ’n vrou vat wat ’n maagd is.