17 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
18 “Praat met Aharon en sy seuns en met al die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Enige man uit die huis van Yisra’el, of uit die besoekers in Yisra’el, wat enige van sy offers vir al sy geloftes, of enige van sy vrywillige offers, wat hy aan יהוה as ’n brandoffer bring,
19 vir julle bring om te aanvaar, moet ’n manlike dier sonder gebrek bring, van die beeste, die skape of die bokke.
20 Julle mag nie enige iets met ’n liggaamsgebrek bring nie, want dit sal nie aanvaarbaar wees vir julle nie.
21 Wie ook al ’n vredesoffer, of ’n vrywillige offer, aan יהוה offer, om ’n spesiale gelofte na te kom, van die beeste of die kleinvee, moet ’n volmaakte dier bring om aanvaar te word; dit mag geen liggaamsgebrek hê nie.
22 Dit wat blind of gebrekkig of vermink is of swere, skurfte of uitslag het, moet julle nie tot יהוה bring nie en daarvan mag julle vir יהוה geen offer, deur vuur, op die altaar lê nie.
23 ’n Bees of stuk kleinvee wat enige iets misvorm of te kort het, mag jy as ’n vrywillige offer bring, maar as gelofteoffer sal dit nie aanvaar word nie.1 Kon 19:21