23 ’n Bees of stuk kleinvee wat enige iets misvorm of te kort het, mag jy as ’n vrywillige offer bring, maar as gelofteoffer sal dit nie aanvaar word nie.1 Kon 19:21
24 ’n Dier wat vermink, vergruis, verskeur of gesny is, mag julle nie tot יהוה offer nie: in julle land mag julle dit nie doen nie.
25 Uit die hand van ’n vreemdeling mag julle ook nie enige diere aan julle God as kos bring nie, want hulle korrupsie is in hulle, daar is gebreke aan hulle: hulle sal nie vir julle aanvaar word nie.’”
26 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
27 “As ’n bees of ’n lam of ’n bok gebore word, moet dit sewe dae lank by sy moeder bly en van die agtste dag af en verder sal dit aanvaarbaar wees as ’n offer, deur vuur gebring, aan יהוה,
28 maar ’n koei of ’n ooi mag julle nie saam met haar kleintjie op een dag doodmaak nie.
29 Wanneer jy ’n dankoffer aan יהוה bring, moet julle dit so bring dat julle aanvaar sal word.