28 maar ’n koei of ’n ooi mag julle nie saam met haar kleintjie op een dag doodmaak nie.
29 Wanneer jy ’n dankoffer aan יהוה bring, moet julle dit so bring dat julle aanvaar sal word.
30 Dit moet op dieselfde dag geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die oggend toe nie. Ek is יהוה.
31 Hou My opdragte en doen dit. Ek is יהוה.
32 Julle sal nie My Afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) onteer nie, maar Ek sal afgesonder behandel word onder die seuns van Yisra’el. Ek is יהוה, wat julle afsonder,
33 wat julle uit die land van Mitzrayim uitgebring het om vir julle ’n God te wees. Ek is יהוה.”