20 Die priester moet hulle saam met die brood van die eerste vrugte as waaioffer voor die Teenwoordigheid van יהוה waai saam met die twee lammers; hulle moet tot יהוה afgesonder wees, vir die priester.
21 Julle moet op daardie selfde dag ook ’n verklaring maak: dit is ’n afgesonderde byeenkoms vir julle; julle mag géén gewone werk doen nie. Dit is ’n ewige instelling oral waar julle bly, regdeur julle geslagte.
22 Wanneer julle die opbrengs van julle land oes, moet jy die rand van jou land nie heeltemal af oes as jy oes nie en die are wat val, nie bymekaar maak nie. Vir die arme en die besoekers moet jy dit laat oorbly. Ek is יהוה, julle God.’ “
23 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
24 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘In die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet julle rus. Dit is ’n gedenkdag deur die blaas van die ramshoring (shofar), ’n afgesonderde byeenkoms.
25 Julle mag géén gewone werk doen nie en offer aan יהוה ’n offer, deur vuur.’”
26 יהוה het met Moshe gepraat en gesê: