3 vir ses dae lank mag julle werk, maar op die sewende dag is dit ’n Shabbat van volkome rus, ’n afgesonderde byeenkoms. Jy mag géén werk doen nie, dit is ’n Shabbat van יהוה, oral waar julle bly.Gen 2:3; Eks 20:10; Eks 31:14; Yes 58:13; Mat 12:8; Heb 4:9
4 Hierdie is die vasgestelde tye van יהוה, afgesonderde byeenkomste, wat julle moet verklaar in die tye wat vir hulle bepaal is.
5 Op die veertiende dag van die eerste maand, tussen die twee sonsondergange, is die Pesag tot יהוה
6 en op die vyftiende dag van dieselfde maand is die Fees van Ongesuurde Brode tot יהוה; sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.
7 Op die eerste dag sal julle ’n afgesonderde byeenkoms hê; julle mag géén gewone werk doen nie.
8 Julle moet sewe dae lank ’n offer, deur vuur, tot יהוה bring. Op die sewende dag moet daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén gewone werk doen nie.’”
9 יהוה het met Moshe gepraat en gesê: