34 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘Op die vyftiende dag van hierdie sewendeYog 7:2 maand is dit vir sewe dae lank die Huttefees (Sukkot) tot יהוה.
35 Op die eerste dag sal daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén gewone werk doen nie.
36 Sewe dae lank moet julle ’n offer, deur vuur, tot יהוה offer. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees en julle moet ’n offer, deur vuur, tot יהוה offer. Dit is ’n bymekaarkoms en julle mag geen gewone werk doen nie.
37 Hierdie is die vasgestelde tye van יהוה, wat julle moet verkondig as afgesonderde byeenkomste, om offers, deur vuur, tot יהוה te offer: brandoffers, graanoffers, slagoffers en drankoffers, vir elke dag volgens voorskrifte;
38 bo en behalwe die Shabbatte van יהוה en bo en behalwe julle gawes en bo en behalwe al julle geloftes en bo en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan יהוה gee.
39 Ook op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrengs van die land insamel, moet julle die fees van יהוה sewe dae lank vier; met ’n rus op die eerste dag en ’n rus op die agtste dag.
40 Op die eerste dag moet julle vir julle die vrugte neem van mooi bome, met palmtakke en takke van digte bome en wilgers van die rivier af en julle sal julle vir sewe dae voor die Teenwoordigheid van יהוה verheug.Neg 8:15-18