11 en die seun van die Yisra’elitiese vrou het boos gepraat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה en dit gevloek en hulle het hom na Moshe gebring. Die naam van sy moeder was Shlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
12 Hulle het hom toegesluit totdat die wil van יהוה aan hulle verklaar kon word.
13 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
14 “Vat hom wat gevloek het buitekant die kamp en laat almal wat hom gehoor het, hulle hande op sy kop sit en laat die hele vergadering hom stenig.
15 Jy moet met die seuns van Yisra’el praat en sê: ‘Wie ook al sy God vloek, sal sy sonde dra
16 en wie ook al boos praat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, moet tot die dood toe tereggestel word; die hele vergadering moet hom met klippe stenig. Die besoeker, net soos die kind van die land, as hy boos praat teen יהוה, moet hy doodgemaak word.Yog 8:59
17 Elkeen wat ’n mens doodslaan, moet tereggestel word tot die dood.