20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand, dieselfde gebrek wat hy aan ’n mens veroorsaak het, moet ook aan hom gedoen word.
21 Wie ook al ’n stuk vee doodslaan, moet daarvoor vergoeding gee, maar hy wat ’n mens doodslaan, moet doodgemaak word.
22 Julle sal dieselfde standaard hê vir die besoeker en vir die kind van die land, want Ek is יהוה, julle Magtige God.’”
23 Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat en hulle het die een wat gevloek het buitekant die kamp uitgevat en hom gestenig. So het die seuns van Yisra’el gedoen soos יהוה Moshe beveel het.