8 Op elke Shabbatdag moet hy dit as ’n ewige verbond, voortdurend voor die Teenwoordigheid van יהוה regsit, as geskenk vanaf die seuns van Yisra’el.
9 Dit sal as ’n ewige instelling vir Aharon en sy seuns wees, vanuit die offers, wat deur vuur gemaak word, tot יהוה: hulle moet dit in die Afgesonderde plek eet, want dit is iets volkome afgesonderd.”
10 Die seun van ’n Yisra’elitiese vrou, wie se man ’n Mitzrayiet was, het uitgegaan tussen die seuns van Yisra’el in en die seun van die Yisra’elitiese vrou en ’n Yisra’elitiese man het met mekaar baklei in die kamp
11 en die seun van die Yisra’elitiese vrou het boos gepraat teen die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה en dit gevloek en hulle het hom na Moshe gebring. Die naam van sy moeder was Shlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
12 Hulle het hom toegesluit totdat die wil van יהוה aan hulle verklaar kon word.
13 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
14 “Vat hom wat gevloek het buitekant die kamp en laat almal wat hom gehoor het, hulle hande op sy kop sit en laat die hele vergadering hom stenig.