14 As jy iets aan jou naaste verkoop of van jou naaste se hand koop, moet julle mekaar nie onderdruk nie.
15 Volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ’n oes is, moet hy dit aan jou verkoop.
16 Volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou volgens die aantal oeste.
17 Julle sal mekaar daarom nie onderdruk nie, maar jy sal jou God respekvol vrees, want Ek is יהוה, julle God.
18 So moet julle My reëls doen en My wette onderhou en dit doen en julle sal veilig woon in die land.
19 Die land sal sy vrug gee en julle sal volop eet en veilig daarin woon.
20 As julle sê: “Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai en ons oes nie mag insamel nie?”