27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is en die jare wat oorbly moet hy aan die man, aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan,
28 maar as hy nie in staat is om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe en in die jubeljaar moet dit vry word en hy moet na sy besitting teruggaan.
29 As iemand ’n huis in ’n ommuurde stad verkoop, kan hy dit terugkoop binne ’n volle jaar nadat dit verkoop is; binne ’n volle jaar mag hy dit terugkoop,
30 maar as dit nie teruggekoop word voordat ’n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly in sy geslagte; dit sal nie vry word in die jubeljaar nie.
31 Die huise van die dorpe wat geen muur rondom het nie moet egter soos die veld van die land gereken word. Hulle mag teruggekoop word en sal in die jubeljaar vry word.
32 Op die stede van die Leviete en die huise in die stede wat in hulle besit is, moet daar ’n ewige reg tot terugkoping wees vir die Leviete.
33 As iemand van die Leviete af die huis terugkoop, moet die huis wat verkoop is, in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word, want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die seuns van Yisra’el.