28 sal Ek My in woede teen julle versit en Ek, ja Ek, sal julle sewevoudig dissiplineer vir julle sondes.
29 Julle sal die vlees van julle seuns eet en julle sal die vlees van julle dogters eet.
30 Ek sal julle hoë plekke verwoes, julle wierook altare afbreek en julle lyke op die lyke van julle afgode gooi en My Persoon sal ’n afsku in julle hê.
31 Ek sal julle stede puinhope maak en julle afgesonderde plekke verwoes en julle aangename geure nie ruik nie.
32 Ek sal die land tot verwoesting bring en julle vyande wat daarin gaan woon, sal daaroor verstom staan.
33 Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek en julle land sal ’n wildernis word en julle stede sal vernietig word.
34 Dan sal die land sy Shabbatte geniet, solank as dit woes lê terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en sy Shabbatte geniet.