34 Dan sal die land sy Shabbatte geniet, solank as dit woes lê terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en sy Shabbatte geniet.
35 Al die dae van sy woestheid sal dit rus, want dit het nie gerus op julle Shabbatte, toe julle daarin gewoon het nie.2 Kro 36:21; Yir 29:10
36 Wat betref diegene wat onder julle oorgebly het; Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande sodat die geruis van ’n waaiende blaar hulle op die loop sal jaag en hulle sal vlug, soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.Yes 51:13
37 Hulle sal struikel, die een oor die ander, soos voor ’n swaard, wanneer niemand agtervolg nie en julle sal geen krag hê om voor julle vyande te staan nie.
38 Julle sal omkom onder die nasies en die land van julle vyande sal julle verteer
39 en die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle skuld wegteer in die lande van julle vyande; ook oor die skuld van hulle vaders wat by hulle is, sal hulle wegteer.
40 As hulle hul skuld bely en die skuld van hulle vaders, met hulle ontrouheid waarmee hulle ontrou teen My opgetree het en ook dat hulle hul teen My versit het