43 Die land moet eers van hulle verlate wees en tevrede wees met sy Shabbatte terwyl dit woes lê sonder hulle; húlle sal hulle skuld erken omdat hulle My wette verwerp en hulle lewe My reëls verafsku het.
44 Tog, na alles, wanneer hulle in die land van hul vyande is, sal Ek hulle nie verwerp nie en sal Ek hulle nie verafsku nie sodat Ek hulle sou vernietig en My verbond met hulle sou verbreek nie, want Ek is יהוה, hulle God.
45 Ek sal egter vir hulle onthalwe die verbond met hulle voorvaders, wat Ek uit Mitzrayim voor die oë van die nasies uitgelei het, onthou, om vir hulle ’n God te wees. Ek is יהוה.’”
46 Hierdie is die reëls, die opdragte en die wette wat יהוה tussen Hom en die seuns van Yisra’el, by die berg Sinai, deur die hand van Moshe, gegee het.