12 en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,
13 maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.
14 As iemand sy huis afsonder om afgesonder te wees tot יהוה, moet die priester dit evalueer of dit goed of sleg is; soos die priester dit evalueer, so moet dit bly.
15 As hy wat dit afgesonder het, sy huis wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie bysit; dan sal dit syne wees.
16 As iemand ’n stuk land van sy besitting tot יהוה afsonder, moet jou waardasie wees volgens die saad daarvoor: ’n homer garssaad word op vyftig sikkels silwer waardeer.
17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af afsonder, sal jou waardasie staan,
18 maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar afsonder, moet die priester vir hom die geld bereken volgens die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is en dit moet van jou waardasie afgetrek word.