2 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand ’n uitsonderlike gelofte van ’n lewe deur waardasie tot יהוה aflê
3 en as jou waardasie vir ’n manspersoon van twintig tot sestig jaar oud is, dan moet jou waardasie vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek.
4 As dit ’n vrou is, dan moet jou waardasie dertig sikkels wees.
5 Van vyf tot twintig jaar oud, moet jou waardasie vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels
6 en vir iemand van ’n maand oud tot vyf jaar, moet jou waardasie vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou waardasie vir die vroulike drie sikkels silwer
7 en vir iemand van sestig jaar oud en ouer; vir ’n manspersoon, moet jou waardasie vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels,
8 maar as hy te arm is vir jou waardasie, moet hy voor die priester kom en die priester moet vir hom ’n waarde gee, volgens wat hy, wat die gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die priester hom evalueer.Hand 21:24