23 moet die priester vir hom die bedrag van die waardasie tot die jubeljaar bereken en hy moet op dieselfde dag die waardasie gee as ’n afgesonderde gawe aan יהוה.
24 In die jubeljaar moet die stuk land teruggaan na hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat die land besit as ’n besitting.
25 Alles wat jy evalueer, moet volgens die sikkel van die Afgesonderde plek wees; die sikkel moet twintig gera wees.
26 Die eersgeborene van ’n dier wat as eersgeborene aan יהוה behoort, dit mag niemand afsonder nie; of dit ’n bees is of ’n stuk kleinvee, dit behoort aan יהוה.
27 As dit ’n onrein dier is, dan moet hy dit na jou evaluering loskoop en ’n vyfde deel daarvan bysit en as dit nie losgekoop word nie, moet dit volgens jou evaluering verkoop word.Deut 23:18
28 Nogtans mag geen van die toegewyde goed wat iemand aan יהוה wy, van alles wat aan hom behoort, mense, vee of grond wat in sy besit is, verkoop of losgekoop word nie. Al die toegewyde goed moet volkome tot יהוה afgesonder wees.
29 Geen toegewyde ding, toegewy om vernietig te word, mag losgekoop word nie; hy moet die dood sterf.