7 en vir iemand van sestig jaar oud en ouer; vir ’n manspersoon, moet jou waardasie vyftien sikkels wees en vir ’n vrou tien sikkels,
8 maar as hy te arm is vir jou waardasie, moet hy voor die priester kom en die priester moet vir hom ’n waarde gee, volgens wat hy, wat die gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die priester hom evalueer.Hand 21:24
9 As dit ’n dier is wat ’n man as offer tot יהוה mag bring, moet alles wat hy gee vir יהוה, afgesonder wees.
10 Hy mag dit nie vervang of omruil nie; ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie, maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde dier afgesonder wees.
11 As dit enige onrein dier is wat ’n man nie tot יהוה mag offer nie, moet hy die dier voor die priester bring
12 en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,
13 maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.