9 As dit ’n dier is wat ’n man as offer tot יהוה mag bring, moet alles wat hy gee vir יהוה, afgesonder wees.
10 Hy mag dit nie vervang of omruil nie; ’n goeie vir ’n slegte of ’n slegte vir ’n goeie nie, maar as hy tog ’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde dier afgesonder wees.
11 As dit enige onrein dier is wat ’n man nie tot יהוה mag offer nie, moet hy die dier voor die priester bring
12 en die priester moet dit evalueer of dit goed of sleg is; soos jy, die priester, dit evalueer, so sal dit wees,
13 maar as hy dit wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van jou waardasie bysit.
14 As iemand sy huis afsonder om afgesonder te wees tot יהוה, moet die priester dit evalueer of dit goed of sleg is; soos die priester dit evalueer, so moet dit bly.
15 As hy wat dit afgesonder het, sy huis wil loskoop, moet hy ’n vyfde deel van die geld van jou waardasie bysit; dan sal dit syne wees.