20 Hy moet met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. Net so moet hy met hom maak. Die priester moet so vir hulle toedekking doen en dit sal hulle vergewe word.
21 Hy moet die bul buitekant die kamp uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ’n sondoffer namens die vergadering.
22 As ’n leier sondig en iets onwetend gedoen het teen enige van die opdragte van יהוה, sy God, in enige iets wat nie gedoen moet word nie en hy skuldig is,
23 as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ram sonder gebrek
24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor יהוה doodmaak; dit is ’n sondoffer.
25 Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgooi.
26 Hy moet al die vet op die altaar in rook laat opgaan, soos die vet van die vredesoffer. So moet die priester dan vir hom toedekking doen vir sy sonde en dit sal hom vergewe word.