23 as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ram sonder gebrek
24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor יהוה doodmaak; dit is ’n sondoffer.
25 Die priester moet van die bloed van die sondoffer met sy vinger vat en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgooi.
26 Hy moet al die vet op die altaar in rook laat opgaan, soos die vet van die vredesoffer. So moet die priester dan vir hom toedekking doen vir sy sonde en dit sal hom vergewe word.
27 As iemand van die volk van die land onwetend sondig, deur enige iets te doen wat יהוה beveel het nie gedoen moet word nie en skuldig word,
28 as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer ’n boklam bring, ’n ooilam sonder gebrek, vir die sonde wat hy gedoen het
29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer doodmaak op die plek van die brandoffer.