1 As iemand sondig nadat hy die gesproke eedswering gehoor het terwyl hy getuie was van iets, dit óf gesien het óf daarvan weet, as hy dit nie rapporteer nie, dra hy skuld;Mat 26:63-65; Mar 14:61-63
2 of: as iemand enige iets aanraak wat onrein is;Rig 14:8-9 die karkas van ’n onrein wilde dier, of die karkas van onrein vee, of die karkas van onrein kruipende gediertes en dit nie geweet het nie, sal hy ook onrein en skuldig wees;
3 of as hy iets menslik onrein aanraak, watter onreinheid waardeur hy hom ook al kan verontreinig en hy dit nie geweet het nie, maar hy dit te wete gekom het, is hy skuldig;
4 of: as iemand sweer terwyl hy onnadenkend met die lippe praat om kwaad of goed te doen, wat ’n mens ook al met ’n eed onverskillig kan praat en hy dit nie weet nie, wanneer hy dit te wete gekom het, is hy skuldig aan al die dinge.
5 Dit sal wees dat as hy aan een van hierdie dinge skuldig is, hy moet bely dat hy daarin gesondig het