14 יהוה het ook met Moshe gepraat en gesê:
15 “As iemand ’n oortreding begaan en onwetend sondig met betrekking tot die afgesonderde dinge van יהוה, moet hy ’n ram, sonder gebrek, vanuit die kleinvee, na יהוה bring vir sy oortreding, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek, as ’n oortredingsoffer.
16 Hy moet vergoeding gee vir wat hy ten opsigte van die afgesonderde dinge gesondig het en nog ’n vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee. So moet die priester vir hom toedekking doen deur die oortredings-offerram en dit sal hom vergewe word.
17 As iemand sondig en onbewus enigiets doen wat deur die opdragte van יהוה verbied word, is hy skuldig en moet hy sy straf dra.
18 Hy moet van die kleinvee, ’n ram sonder gebrek, as oortredingsoffer, volgens jou beraming, na die priester bring en die priester moet vir hom toedekking doen vir sy onbewuste fout en dit sal hom vergewe word.
19 Dit is ’n oortredingsoffer; hy het sekerlik voor יהוה skuldig geword.”