13 Saam met die offer vir sy dankoffer as vredesoffer, moet hy koeke offer van gesuurde brood.
14 Van dit, een koek van elke offer, moet hy as opligoffer aan יהוה offer; dit sal wees vir die priester wat die bloed van die vredesoffer sprinkel.
15 Die vleis van sy dankoffer as vredesoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat hy dit offer; hy mag niks daarvan los tot die oggend toe nie.
16 As die offer wat hy offer, ’n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op dieselfde dag as wat hy sy offer bring en op die volgende dag mag, wat daarvan oorbly, geëet word,
17 maar wat van die vleis, wat geoffer is, oorgebly het op die derde dag, moet met vuur verbrand word.
18 As enige van die vleis van sy vredesoffer op die derde dag geëet word, sal hy wat dit geoffer het nie aanvaar word nie; dit sal vir hom nie toegereken word nie; dit sal ’n gruwel wees en die persoon wat daarvan eet, moet sy eie skuld dra.
19 Die vleis wat aan iets onreins raak, mag ook nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word, maar wat die ander vleis betref; elkeen wat rein is, mag daarvan eet,