34 want die bors van die waaioffer en die boud van die bydrae het Ek van die seuns van Yisra’el uit hulle vredesoffers gevat en dit aan Aharon, die priester en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir ewig toekom vanaf die seuns van Yisra’el.’”
35 Dit is die deel van die salwing van Aharon en die deel van die salwing van sy seuns vanuit die offers wat met vuur gebring word tot יהוה, op die dag toe Hy hulle laat naderkom het om יהוה as priesters te dien.
36 יהוה het beveel dat dit aan hulle gegee sal word, vanuit die seuns van Yisra’el, op die dag toe Hy hulle gesalf het, as ’n ewige instelling regdeur hulle geslagte.
37 Hierdie is die wet vir die offer van die brandoffer, die graanoffer, die sondoffer, die oortredingsoffer, die aanstellingsoffers en die vredesoffer,
38 wat יהוה vir Moshe op die berg Sinai beveel het, op die dag toe Hy die seuns van Yisra’el in die wildernis van Sinai beveel het om hulle offers tot יהוה te offer.