1 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2 “Vat vir Aharon, sy seuns saam met hom, die klere, die salfolie, ’n bul as die sondoffer, twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke
3 en maak die hele vergadering bymekaar by die ingang van die Tent van Ontmoeting.”
4 Moshe het gedoen soos יהוה hom beveel het en toe die vergadering bymekaargekom het by die ingang van die Tent van Ontmoeting,
5 sê Moshe vir die vergadering: “Dit is wat יהוה beveel het om gedoen te word.”
6 Moshe het Aharon en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.