15 Toe het Moshe dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gesmeer en die altaar gereinig. Hy het die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegooi en dit afgesonder om toedekking daarvoor te doen.
16 Hy het al die vet wat aan die binnegoed was, die vetlap aan die lewer, die twee niere en hulle vet gevat en Moshe het dit op die altaar geoffer en in rook laat opgaan,
17 maar die bul, sy vel, sy vleis en sy mis het hy buitekant die kamp met vuur verbrand, soos יהוה Moshe beveel het.
18 Hy het die ram as brandoffer gebring en Aharon en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19 Moshe het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar gesprinkel.
20 Hy het die ram in sy stukke verdeel en Moshe het die kop, die stukke en die vet geoffer en in rook laat opgaan,
21 hy het die binnegoed en die pote met water gewas en Moshe het die hele ram op die altaar geoffer en in rook laat opgaan; dit was ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.