17 maar die bul, sy vel, sy vleis en sy mis het hy buitekant die kamp met vuur verbrand, soos יהוה Moshe beveel het.
18 Hy het die ram as brandoffer gebring en Aharon en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19 Moshe het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar gesprinkel.
20 Hy het die ram in sy stukke verdeel en Moshe het die kop, die stukke en die vet geoffer en in rook laat opgaan,
21 hy het die binnegoed en die pote met water gewas en Moshe het die hele ram op die altaar geoffer en in rook laat opgaan; dit was ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.
22 Toe het Hy die tweede ram, die ram van toewyding, gebring en Aharon, met sy seuns, het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23 Moshe het dit geslag en van die bloed gevat en dit aan die regter oorbel van Aharon, aan die duim van sy regter hand en aan die groottoon van sy regter voet gesmeer.