26 uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor יהוה was, vat hy een ongesuurde koek, ’n broodkoek met olie gemeng en een platkoek en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27 en dit alles in die hande van Aharon en die hande van sy seuns gesit en hy het dit as waaioffer voor יהוה gewaai.
28 Moshe het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, gebrand en in rook laat opgaan; ’n toewydingsoffer was dit, as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.
29 Moshe het die bors gevat en dit as waaioffer voor יהוה gewaai. Dit was Moshe se deel van die toewydingsram, soos יהוה Moshe beveel het.
30 Moshe het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, gevat en dit op Aharon, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns, gesprinkel. So het hy Aharon, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns, afgesonder.
31 Moshe sê vir Aharon en sy seuns: “Kook die vleis by die ingang van die Tent van Ontmoeting en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie vir die toewydingsoffer is, soos ek beveel en voor gesê is: ‘Aharon en sy seuns moet dit eet.’
32 Wat ook al van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.