28 Moshe het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, gebrand en in rook laat opgaan; ’n toewydingsoffer was dit, as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.
29 Moshe het die bors gevat en dit as waaioffer voor יהוה gewaai. Dit was Moshe se deel van die toewydingsram, soos יהוה Moshe beveel het.
30 Moshe het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, gevat en dit op Aharon, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns, gesprinkel. So het hy Aharon, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns, afgesonder.
31 Moshe sê vir Aharon en sy seuns: “Kook die vleis by die ingang van die Tent van Ontmoeting en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie vir die toewydingsoffer is, soos ek beveel en voor gesê is: ‘Aharon en sy seuns moet dit eet.’
32 Wat ook al van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33 Julle mag vir sewe dae lank nie by die ingang van die Tent van Ontmoeting uitgaan nie; vir die dae van julle toewyding om vervul te word. Vir sewe dae lank sal Hy julle hand bevestig.
34 Soos hy vandag gedoen het, het יהוה beveel om te doen, om vir julle toedekking te bring.